Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Title: Verspeelde Lente
Starring: Ian Roberts, Elize Cawood
Synopsis:
Dubbel DVD
DVD 1: Pop le Roux en haar ouers Sagrys en Griet is bywoners op die plaas van Jan Greyling, ‘n skatryk wewenaar. Die welkomste vryer by Pop is brandarm Hermaans Cronj,. Jan Greyling daag ook een Saterdag onverwags op om by Pop te kuier.
Dis depressiejare en baie van die verarmde boere en bywoners gaan soek in die stad heenkome. Hermaans raak keelvol vir die gesukkel en besluit om ook sy heil op die myne te gaan soek.Oom Jan Greyling vry hard na Pop en alhoewel sy aanvanklik nie lus is vir hom nie dring die armoede en swaarkry mettertyd tot haar deur en sy stem in om met hom the trou. Hermaans keer terug uit die stand en Pop se voorgenome huwelik met oom Jan is vir hom ‘n groot ontnugtering.
Tydsduur 104 minute
DVD 2: Na haar huwelik moet Pop die rol van rykmansvrou aanleer. Die oorvloed kos, geld en bediendes is vir haar vreemd. Oom Jan se seun Gert Greyling maak die lewe aanvanklik vir haar moeilik, maar na ‘n voorval tussen
Pop ens sy pa verander dinge en hulle raak goeie vriende. Oom Jan word gevra om hom as LPR beskikbaar te stel. Terwyl hy sake in die stad gaan deurkyk ruk dinge so ‘n bietjie hand uit tussen Pop en Gert…
Oom Jan keer terug uit die stad en Pop raak swanger. Gert verlaat die plaas om vir ‘n dokter te gaan leer.Tien jaar later op Pop se verjaardag verras haar man en seun haar met geskenke en ontbyt in die bed. Terwyl sy eet gaan oom Jan veld toe om diere te versorg en sterf skielik aan ‘n hartaanval.Na die begrafnis besluit Pop om Hermaans in die stad te gaan soek. Hy het egter baie verander.
Tydsduur 105 minute