Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
HIERDIE boek is 'n feesbundel ter geleentheid van die Nasionale Pers se 75 ste bestaansjaar. Dit het reeds wye publisiteit ontvang en ook die Afrikaanse trefferlyste gehaal. Die rede vir sy groot gewildheid is taamlik voor die hand liggend: die samesteller het hom dit ten doel gestel om 'n groot aantal Afrikaanse verhale byeen te bring . Die resultaat is 'n bundel van 84 lekkerlees-stories, van Langenhoven, Leipoldt en Eugéne Marais tot Freek Swart en Koos Prinsloo, wat deur oud en jonk gelees en geniet kan word. In sy kort verantwoording noem Scholtz kwaliteit en verskeidenheid as die twee maatstawwe waarvolgens hy die bundel saamgestel het. Met verskeidenheid bedoel hy die tematiese uiteenlopendheid wat 'n mens onderskeidelik in spookstories, speurverhale, streekverhale, liegstories, reisverhale, treurige, hartseer of vrolike stories aantref. Skrywers sluit in C.Louis Leipoldt, Jan Spies, PG du Plessis, Dalene Matthee, Freek Swart, Karel Schoeman, Jan Rabie, TT Cloete, Pieter W Grobbelaar, Chris Barnard, MER, Jan van Tonder, PJ Haasbroek, Etienne van Heerden, Rykie van Reenen en vele meer. 623p. Lees meer oor boek by argief/berigte/dieburger/1990/06/28/9/5.html
Hardeband met stofomslag.Goed gebind en skoon behalwe inskripsie op eerste endbladsy. Stofomslag wys baie gebruik maar het min paperverlies sien foto hierby asseblief. Tafelberg-Uitgewers en Human & Rousseau, Kaapstad en Pretoria, 1990 (hardeband, 616 bladsye) met nog 'n paar bladsye met vanne van skrywers alfabeties gerangskik. Baie klein bietjie vergeling van bladsye.