| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
In verveertaal, Ilse van Staden se vyfde digbundel, ondersoek, gebruik en bevestig sy die rol van taal in 'n voortgaande proses van verandering en aanpassing. Taal as instrument, medium en identiteit kom in heelwat gedigte aan die bod. Die titel roep sowel die skryf- en skilderkuns as vernuwing op. Die talle gedigte oor voëls, die swerwende, bewegende en blywende bewoners van die aarde en die lug, is metafoor van die migrant én die inheemse, van ontheemding én van tuisword, soos wat die "verveer"-deel van die titel suggereer. Daarby word die veerpen 'n instrument wat opteken, bewaar en ook oopmaak: Dit bestendig gewaarwordings, gedagtes en gevoelens in fyn lyne op papier, doek of perkament.
TITLE: VERVEERTAAL
AUTHOR: VANSTADEN,I
SKU: 9780639786391
PUBLISHER: Imprimatur
BINDING: Paperback
CONDITION: New