Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
The final DVD in this Afrikaans Classic series:
DOBBELSKULD:
Poppie skryf haar en Ruben in vir die apteek se Ma en Kind Babakompetisie. Die foto is egter te gewaagd na Frik se sin.Ella dobbel al haar en Apie se kruideniersgeld weg en trek by Worsie en Koekie in. Hulle kies die hasepad.
MASSERINGSMOLESTE:
Wanneer Boeboe vir twee weke nie kan werk nie kom help Beryl uit as kelnerin. In die proses leer Frik en Worsie dat net hul eie vroue op hulle mag trap. Een van Ella se donker geheime word openbaar.
SONDE MET DIE BURE:
Ella se motor beland in die pastoor se swembad en Frik en Worsie gaan help. In hulle afwesigheid raak Boeboe, Beryl en Koekie in ‘n geveg betrokke wat byna op ‘n hofsaak uitloop.
BOEBOE MAAK ‘N PLAN:
Sheridon en Barbie se verhouding raak ernstig. Worsie is egter in groot moeilikheid wanneer Koekie uitvind hy het by Meryl en Beryl ‘n kraan gaan regmaak. Boeboe soek ‘n trouman en beraam ‘n plan om die nuwe veearts se aandag te trek.
BOEBOE BIEG:
Boeboe kry ‘n huweliksaansoek en bedank onmiddelik as kelnerin by die Vetkoekpaleis. Frik en Worsie wil Beryl in Boeboe se plek aanstel maar Ella, Poppie en Koekie keur dit glad nie goed nie. Sheridon gee homself ‘n verkeerskaartjie.
WYLE OOM MOOLMAN:
Worsie heg sentimentele waarde aan die werksbakkie en wil dit graag van Frik koop. ‘n Ou kêrel van Ella sterf aan ‘n hartaanval en Worsie word versoek om die prokureurs dringend te gaan sien. ‘n Dramatiese bekendmaking verander Worsie en almal na aan hom se lewens drasties