Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Met spesifieke verwysing na die vetplantfamilies van Die Republiek van Suid-Afrika en Suidwes-Afrika.
1978, eerste druk. Hardeband met stofomslag. 224 bladsye. Goeie toestand. Stewig gebind en skoon binne-in. Roeskolletjies heel voor- en agter-in en aan binnekant van stofomslag. Onderste rante toon rakgebruik. Meer as 1kg.
Hierdie werk wat as 'n droom begin het, is een van die gesaghebbendste en mees omvangryke tuinboukundige studie oor vetplante wat nog in Afrikaans verskyn het. Dit bevat meer as 100 volkleur en sowat 75 swart en wit foto's ter illustrasie.
Die boek is dus 'n naslaanbron vir die botanikus, die student van die plantelewe, die versamelaar en die leek wat meer wil weet van die vetplante in sy tuin of in die veld.