
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched in 5 - 10 working days
Op Broedersdraai tree vier susters aan vir 'n stille skermutseling. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.
Ivy, die jongste, smag na 'n onbevange lewe, 'n ander werklikheid waarin haar liefde vir 'n vrou aanvaarbaar sal wees. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.
Sophie staan by die regering; haar eggenoot se ambisie en loopbaan hang daarvan af.
Beatrice hunker na haar man, al het sy hom doodgewens.
Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf ervaar, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.
Maar dit is die koms van Domenico Valente, 'n Italiaanse krygsgevangene, wat die spanning op die spits dryf.
Gerda Taljaard se Vier susters is 'n priemende roman wat die tradisies van beide die historiese en die plaasroman omkeer.
Features
Summary | Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wereldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag... |
Author | Gerda Taljaard |
Publisher | Penguin Books (South Africa) |
Release date | 20210430 |
Pages | 272 |
ISBN | 1-4859-0470-6 |
ISBN 13 | 978-1-4859-0470-0 |