Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Titel wat jou wys hoe om noodsaaklike artikels vir jou baba se kamer self te maak - van eenvoudige gordyne tot 'n paslaken vir die matrassie. So kan jy vir jou baba 'n eie klein paradys skep wat nie net mooi lyk nie, maar ook funksioneel en veilig is. Daar is ook patrone en aanwysings vir noodsaaklike items wanneer baba op uitstappies geneem word - hetsy 'n rugsak, doekomruilmat of 'n drabedjie - en interessante items vir speeltyd. Maak die tekstuurmat om jou baba se tassin te help ontwikkel, of maklike sagte speelgoed met net een of twee pante, met 'n nuttige speelgoedbalie om alles in te bere. Of die oulike lappop wat waarskynlik nog in jou tienerdogter of selfs jou kleindogter se kamer sal pryk. Die skrywer gee deurgans praktiese wenke, en daar is ook raad oor hoe jou keuses jou baba se sensoriese en motoriese ontwikkeling kan bevorder - iets wat elke ouer na aan die hart le. Deur hierdie artikels self te maak, spaar jy nie net geld nie, jy kan ook jou eie stempel daarop afdruk. En dis so maklik: Met aanwysings en lyntekeninge; kleurfoto's van elke klaar artikel; geskik vir beginners en besige werkende ma's; volgroote patrone ingesluit.