Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Tim Uys se visrubrieke in Die Burger het al deel van die Kaapse hengelaarmitologie geword. Vir die hengelaar is dit 'n born van inligting en herkenning van 'n eensgesinde siel: nog 'n man op soek na die ewig-ontwykende groot vis. Vir diƩ wat saam met 'n hengelaar lewe, sal dit 'n nuttige handboek wees tot begrip van hierdie subkultuur, en dit sal die passie en opsessie, die humor, die erns en bewaringsingesteldheid verstaanbaar maak. Vir beide entoesiaste en leke sal die stories insiggewend, leersaam en vermaaklik wees. Uys se entoesiasme is aansteeklik. Met hierdie versameling stories bring Tim Uys hulde aan talle soorte vis van knorders, rooisteenbras, snoek, geelvis, en meer, tot die uitheemse forel en aan die opwinding van die vangs. Dis immers die reis wat saakmaak, nie die eindbestemming nie