Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
View more books at: https://www.bobshop.co.za/seller/2248344/ElevenOclock
J. C. G. Kemp
Published by Nasionale Pers Beperk, 1942
"Met klimmende belangstelling het ek die manuskrip van hierdie werk deurgelees en met graagte voldoen ek aan die wens van die skrywer om 'n kort voorwoord daarby te skrywe. Genl. Kemp is geen onbekende in ons land nie en het derhalwe geen besondere introduksie nodig nie. As krygsman en politikus het hy sy spore diep afgedruk op ons geskiedenis van die afgelope veertig jaar. In hierdie werk leer ons hom egter ken in 'n nuwe rol -- dié van historikus en autobiograaf. In groot trekke word hier blootgelê die verloop van ons vryheids worsteling teen barbaarse wreedheid, teen diplomatieke intrige en oormagtige wapengeweld. Die skrywer begin met die vroegste kolonisering van Suid-Afrika, behandel die Groot Trek en sy gevolge, die eerste anneksasie van Transvaal, die Eerste Vryheidsoorlog, die Jameson-strooptog, Chamberlain en Milner se diplomatieke knoeiery om Transvaal se goud in te palm, en eindelik die Tweede Vryheids oorlog, waaraan hyself, eers as gewone burger en later as generaal, so 'n groot aandeel gehad het tot aan die bittere einde en waaraan ook die grootste deel van hierdie werk gewy word. Behalwe op persoonlike waarneming en ervaring berus die skrywer se verhaal op uitgebreide bronnestudie, waarby ryklik gebruik gemaak word van dokumentêre bewysvoering. Dis 'n besondere kenmerk van die werk dat nie net veelvuldig aangehaal word uit historiese bronne nie, maar dat ook die oorspronklike teks van die aanhalings bygevoeg word. Hierdeur word die leser in staat gestel om self te oordeel of die skrywer se gevolgtrekkings juis is al dan nie. As geheel lewer hierdie ryklik gedokumenteerde werk 'n treffende beeld van die vryheidsworsteling van die Afrikanerdom gedurende 'n eeu van onreg en vorm dit 'n hoogs waardevolle bydrae tot ons historiese literatuur. Sy verskyning op die huidige tydstip is van aktuele betekenis, omdat die bekende slagwoorde van Britse "vryheid" en "reg" wat tans weereens op die vier winde van die hemel uitgebasuin word, hier vir die soveelste maal op oortuigende en afdoende wyse geloënstraf word. Reeds sedert geruime tyd is genl. Kemp ernstig krank, en ons kan dankbaar wees dat dit hom vergun was om hierdie groot werk te voltooi voordat hy deur die krankheid aangetas is. Op sy siekbed sal hy die voldoening kan smaak dat hy aan sy volk volledig rekenskap gegee het van die ruime aandeel wat hyself mog gehad het aan ons groot stryd VIR VRYHEID EN VIR REG.
Poor condition. PLEASE CHECK IMAGES FOR CONDITION
Conditions
Please read the conditions before bidding.
REGRET NO OVERSEAS SHIPPING.
NON-PAYING WINNING BIDDERS - Please do not bid on an item unless you intend to complete the transaction. NEGATIVE feedback will be posted for non-paying winning bidders.
I do not close auctions earlier on request.