Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Pay before 9am and courier will deliver same day in Jhb. Weekdays only.
You can combine orders to save on shipping.
Excellent Condition
Op 29 April 1963 stuur Ingrid Jonker ’n telegram aan André P. Brink om dankie te sê vir blomme en ’n brief wat hy vir haar gestuur het. Hulle het mekaar ’n paar dae tevore ontmoet. Hy was agt-en-twintig; sy ’n jaar ouer. Só begin ’n briewewisseling tussen twee skrywers wat duur tot sy laaste brief aan haar in April 1965. Jonker verdrink haarself by Drie ankerbaai drie maande daarna. ’n Halfeeu later kom hulle liefdesbriewe vir die eerste keer aan die lig en ontvou daar in meer as tweehonderd skrywes een van Suid-Afrika se aangrypendste liefdesverhoudings.
My liefste André
Dankie vir jou brief wat net nou so skattig in my deur gesteek het toe ek tuiskom belaai met pakkies, dis baie sonnig op straat en gemaak vir daardie dag in die veld of die duine. As die wit volksie hier was, sou ons kon uitry na Stellenbosch of Paarl, of Houtbaai?
Het jy my mismoedige brief van Donderdag gekry? Jou brief van vanoggend is baie duidelik en ek verstaan volkome hoe jy voel, my skatkind. En tog¿…
Ek het jou oor die telefoon en in my brief vertel van Jack [Cope] se besoek, en wat ek aan hom gesê het, dat jy my wil kom sien, en sy reaksie. Sedertdien het ek hom nie weer gesien nie, en toe ek gister vriendskaplik bel, vra hy: “How are the matrimonial plans going?” Dis ook gevolg. En die gevolge word al meer en meer, en die gevolge in ons sodat jy later miskien hoegenaamd niks daar op Grahamstad sal kan red nie. As dit vir ons albei net ’n avontuur was (want dis óók ’n avontuur) sou alles natuurlik minder ingewikkeld gewees het. Maar ik zal bij jouw [je] blijven. Omdat ek moet en omdat ek wil en omdat dit nie anders kan nie en omdat jy my kosbare ontdekte skat is en omdat jy my liefhet. “The moment you are influenced you are corrupt[ed].” Dis wat Tolstoi sê, en dáárom waak ek soos ’n leeu oor haar kleintjies, oor jou in my. En daarom miskien spot Jan [Rabie] my gisteraand, “Liewe hemel, Ingrid, as ek André Brink se naam noem, verander jou uitdrukking!”
Donderdag, 29 Augustus 1963
Heerlik gesels gisteraand oor jou roomys en my rooi bikini-dag! Kind. En het jy toe baie geleerd met die ander man in die sitkamer gaan gesels? Wat dink jy van my “aansoek” wat nog nie gestalte gekry het nie, maar ek het al hier en daar gaan verneem – om ’n beurs om oorsee te gaan? Ek is nie meer vandag lus om te gaan nie. Maar een of ander tyd sal dit móét. Ek het nog nooit één enkele kans gehad nie, had selfs Afrikaans Laer vir Matriek, omdat my pa destyds sap was: net werk, werk, my hele hemelse lewe om, vir min vergoeding en minder dank. Dis so gruwelik onnatuurlik en al duur dit nog ’n honderd jaar so voort sal ek my nooit daarby kan aanpas nie. Is ek werklik gemaak om daardie snert te lees, om my kosbare oë daarop te verkwis totdat ek blind is, ek is so visueel ingestel! Ek kan dit net nie meer vat nie. Ek wil net ’n paar maande of ’n jaar hê om te weg, en iets te doen of dink of sien wat die moeite werd is, om die verarmdheid te voed met goeie kuns, ’n natuurliker lewe. En as daar dan niks is wat ek moet hê en nie kan kry nie, sien ek geen sin daarin om aan te gaan nie. Ek reken ek het nou lank genoeg probeer André, sonder liefde, sonder opvoeding, sonder énige vorm van emosionele sekuriteit, al was dit dan selfs dié finansiële sekuriteit waarmee ’n mens tóg sekere dinge kan koop, ’n sékere mate van rustigheid. Ek is nie selfbejammerd nie, ook nie bitter nie, net moeg. Dis die heeltyd so ’n bedreiging, dié dinge, om my bietjie lig (talent!) wat my gegee is, te ontneem. Want dit is wegneembaar. Elke grys dag is ’n afstomping. En na die tirade wil ek jou wys hoe jou liefde my dra deur die dinge. Weet jy hoe wys ek dit? Miskien net dat ek nog lewe.
Liefde, mooi moesie-kaal-man, Kokon.
RETURNS
We understand that not every purchase is a good fit for every customer. That is why we make the return process as simple as possible.
We strive for 100% customer satisfaction, please contact us first with any questions, comments or concerns and we will be glad to work with you.
Image is for illustrative purpose only and might differ from actual. Shown.