Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Goeie kondisie
Geen omslag
Vlug in die Namib is n ware avontuurverhaal deur Henno Martin. Dit speel af tydens die Tweede Wêreldoorlog in die destydse Suidwes-Afrika (nou Namibië) toe die Suid-Afrikaanse regering besluit het om alle Duitse onderdane te interneer. Twee jong Duitsers met doktorsgrade in die geologie, Henno Martin en Hermann Korn, wat beide maar kort tevore in die land aangekom het, was vasbeslote dat dit nie hul lot gaan wees nie. Hulle besluit om vir die duur van die oorlog die Namibwoestyn hul tuiste te maak. Met n vragmotor gelaai met alles wat hulle as noodsaaklik geag het, het hulle saam met hul hond Otto in die vallei van die Kuisebrivier gaan wegkruip. Die boek handel nie alleen oor die fisiese gevare van die lewe in die woestyn nie, maar ook oor die geestespanninge wat eensaamheid en afgesonderdheid oplewer. Martin skets die lewe in die Namib deur die oë van n vlugteling, wetenskaplike, filosoof en natuurliefhebber.
Wikipedia