Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Van n onherbergsame, ongerepte stuk aarde het ons n tuiste gemaak. Met die mooi diere van die woestyn het ons saamgeleef soos n beskaafde mens dit skaars kan doen. Soos roofdiere het ons geleef, wreed en dikwels met bloed aan ons hande. Maar ons het denkend en voelend geleef, en die wrede stryd om n bestaan het ons nie hard en onmenslik gemaak nie . . . So skrywe dr. Martin oor waarskynlik een van die vreemdste avonture wat die laaste wêreldoorlog in ons land teweeggebring het. Henno Martin en Hermann Korn, twee Duitse geoloë in Suid-wes-Afrika, besluit een aand in 1940, uit vrees vir internering, om liewer saam die woestyn in te vlug en daar weg te kruip totdat die oorlog verby is. So begin dan n vrywillige robinsonade, byna te waaghalsig om te slaag. Veel meer eintlik as net n avontuur was dit, hierdie vlug in die Namib-woestyn, wat twee en n half jaar lank die twee manne se asiel was. Twee en n half jaar lank onderworpe alleen aan die onverbiddelike wette van die woestyn.