R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 12 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Milla Roux is 'n veearts wat werk by 'n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Sy het as 't ware gevlug daarheen nadat haar man en seuntjie in Suid-Afrika rég langs haar doodgeskiet is tydens 'n mislukte motorkaping. Sy stort hart en siel in haar werk en probeer 'n werklike verskil maak jeens die voortbestaan van 'n spesie waarvan die getalle besig is om só drasties te krimp . . . Maar spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo 'n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan 'n gewonde Milla wéér op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense, wat na die DRK gekom het om van sy éie problematiese verlede te probeer ontsnap . . . Vlug is 'n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudinge waarvoor Wilna Adriaanse so bekend is.