Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Aan die kus van Suider-Afrika is daar 50 vuurtorings. Elke vuurtoring staan op 'n skouspelagtige deel van die kuslyn om skepe te waarsku teen die gevare van die kus. Die Voetspore span het vertrek vanaf die vuurtoring by Ponta do Ouro in Mosambiek, en van daar al die pad gereis tot by die toring van Kaap Agulhas, toe Noord gedraai en te vorder tot by Kaap Kruis, en het so elkeen van die 50 vuurtorings besoek.
Op die wyse is daar nie net by elke kilometer van die kuslyn aangedoen nie, dit was ook die voltooiing van die sirkel van In die Voetspore van die Grotes. Voetspore op die Strand was 'n epiese reis van die Zoeloe koningryk, tot die Transkeise Wildekus, die Tuinroete, die Kaap van Storms, die Weskus, en uiteindelik die Namib.
4 Discs