Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Toestand: Goed. Een naam en datum. Inhoud skoon en netjies.
Formaat: Hardeband
Bladsye: 194
Uitgegee: 1940 (Nasionale Pers)
ISBN:
Volksaltare - n Veteraan van die Eerste Vryheidsoorlog - H.J.C. Pieterse
Mnr, Pieter Joubert is op 24 Desember 1859 in die distrik Aliwal-Noord gebore. Sy vader was J. S. Joubert, Volksraadslid vir Middelburg, Tvl., tydens die Burgers-bewind, en Weesheer en Meester van die Hooggeregshof na die Eerste Vryheidsoorlog. Pieter was self later lid van die Volksraad en wel vir die afdeling Ermelo. Hy woon die afgelope dertig jaar reeds in Oos-Afrika, van waar hy nou in sy tagtigste jaar spesiaal na Kaapstad gekom het om sy lewenservaringe te boek te laat stel.
Ter verduideliking stip ons enkele gebeurtenisse aan wat die Eerste Vryheidsoorlog vooraf gegaan het.
Nadat Transvaal op 12 April 1877 deur Shepstone geannekseer is, het Paul Kruger, Piet Joubert, M. W. Pretorius en ander tydens die periode van lydelike verset alles in hul vermoë gedoen om Engeland te beweeg om Tranvaal sy verlore vryheid terug te gee. Die politiek van mooipraat en deputasies het egter misluk. Duisende burgers het op een protesvergadering na die ander bymekaar gekom. Maar die Engelse bewindhebbers was nog nie te beweeg nie. Toe word besluit: Ons betaal geen duit belasting nie.
Daarop het die Bezuidenhoutinsident gevolg. Dit was n daad van verset. Kruger belê n laaste byeenkoms op Perdekraal op 10 Desember 1880, en hy verduidelik aan die duisende burgers dat verset teen Engeland oorlog tot gevolg sou hê. Maar die burgers het besluit om die stryd aan te; bind en die Gelofte van Bloedrivier is plegtig herhaal. Elke burger het n klip aangedra na die Hoop van Gelofte as erkenning van sy aandeel.
Hier dan die herinneringe van Pieter Joubert uit die Eerste Vryheidsoorlog.