Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het probeer om elke moontlike boereraat vir verkoue en enige ander kwaal in Volksgeneeskuns in Suid-Afrika te versamel. Soms is hierdie 8705 inskrywings nogal baie vermaaklik!
Twee oplossings vir ‘n verkoue verstrek. Een boereraat sê jy moet dadelik in ‘n Engelse soutbad klim as jy ‘n verkoue het. ‘n Ander een beweer ‘n mengsel van salie, suiker, borsdruppels en suurlemoensap sal jou gesond maak.
Kook ´n stuk Saliebos in water, totdat vloeistof lyk soos sterk tee. Neem een koppie daarvan en kook tot ´n stroop met 2 koppies suiker. Voeg 1 botteltjie borsdruppels en en ´n halwe koppie suurlemoensap by en skud goed. Drink 1 eetlepel vol 3 maal per dag