YVONNE’S COLLECTABLES
Hierdie versameling van “Die nuwe Cordon Bleu-kursus in Fyn Kookkuns” is in 1970 uitgegee deur Human & Rousseau in samewerking met die Cordon Bleu Cookery School, Londen, en Silwood-kombuis, Kaapstad, in 72 weeklikse aflewerings. Hierdie versameling is in puik toestand, volledig en skoon, geen skeure of skade, baie goed bewaar.
Die versameling bestaan uit 54 uitgawes vol resepte en lesse met kleurfotos en stap-vir-stap aanwysings, wat gehuisves word in 3 hout kissies met kunsleer omslag. Elke kissie se mate is 32.5x26x6cm.
Daar is internasionale kookterme in Afrikaans, artikels (of sogenaamde byblaaie) oor bekende Suid-Afrikaanse persoonlikhede en onderwerpe, bv. Tini Vorster, die gasvrou, Kaapse silwer, Spit- en penbraai, om maar net 'n paar te noem.
Daar is ook 'n register van resepte (1 – 18) en volledige register van resepte (1 – 54), die fynkok se woordelys en groot plakkaat van beroemde Suid-Afrikaanse kaassoorte. Alles wat jy nodig het om 'n fynkok te word – resepte van Afval tot Zabaglione.
POSGELD : R70
Kyk asseblief na my ander items :