Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Charles J. Fourie se Vrededorp handel oor die geboorte van die Nuwe Suid-Afrika in 1990 en 1994. Dit is egter nie net 'n poltieke drama nie. Die oortuigende en diepgaande karakteruitbeelding sorg dat dit 'n algemeen menslike trefkrag het. Die drama bestaan onder meer uit 'n toneelstuk binne 'n toneelstuk. Samuel Beckett se Waiting for Godot word deur drie van die karakters opgevoer. Die absurde situasie van Beckett se stuk kry 'n besondere sinvolheid in Fourie se verwerking daarvan. Die stuk eindig met 'n fiktiewe, gespeelde vooruitflits na 2004. Dit plaas die voorafgaande gebeure in 'n nuwe, skrynende perspektief. Vrededorp is die werk van 'n ervare en volwasse dramaturg. Dit is bekroon met die 2005 KKNK / Nagtegaal toekenning vir Beste Nuwe Drama. Kobus Burger, Beeld se teaterresensent, het van dié stuk gesê: "Fourie vermeng die persoonlike, sosiale, politieke en maatskaplike meesterlik in 'n verhoogwerk wat 'n mens diep raak."
TITLE: Vrededorp
AUTHOR: Charles J. Fourie
SKU: 9781869195922
PUBLISHER: Protea Boekhuis
DATE PUBLISHED: 01/01/2011
PLACE PUBLISHED: South Africa
PAGES: 112
BINDING: Paperback / softback
LANGUAGE: Afrikaans
DIMENSIONS: 152 mm x 222 mm x 15 mm
WEIGHT: 190 gr