Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na erkenning en aanvaarding.
Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die lewe, óf kies 'n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.