R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
R35.00 pickup point shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R5.00 pickup point shipping applies to orders over R100.00. There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Eerste druk, Tafelberg, 1994, Sagteband - Drama - 127pp.
Vrygrond word in 1993 vir die eerste keer in die Markteater in Johannesburg op die planke gebring. Dit speel af in n plakkerskamp, waar bruin Afrikaners n heenkome gevind het. Hoewel die karakters nie meer gebuk gaan onder apartheid nie, het hulle geen ekonomiese vryheid nie. Die tragedies agter hulle omstandighede, die onvermydelike konflik tussen die karakters, die kameraderie en ten spyte van die haglike omstandighede, die hoop, word skrynend uitgebeeld. Deurgaans speel die leë retoriek van die politici n ironiese teenstelling met die werklikheid soos dit in die drama afspeel.
In 1992 wen hy die Amstel-prys as beste dramaturg vir Vrygrond, die eerste Afrikaanse drama waaraan hierdie prys toegeken word.
Die eend is n tragiese komedie gebaseer op Tsjechof se Die seemeeu en Tsjechof se drama en temas word in die verhaallyn geïntegreer, maar getransponeer na hedendaagse Suid-Afrika. Dit speel op n plaas af waar die aspirant-dramaturg Janneman hom verbeel hy is Anton Tsjechof. Sy meisie van die naburige plaas, Katrien, is bereid om die besoekende televisie-skrywer, Roy Ruiters, toe te laat om haar bed toe te vat in n poging om n aktrise te word. Roy se minnares, die reklame-aktrise Anna Omo, is egter nie van plan om dit te laat gebeur nie. Intussen moet Misoes, wat in die tyd van die Groot Droogte gebore is, wegkruip want die swart plaaswerker Gert Garries is verlief op haar. Haar ma, Soekie, gaan deur n krisis en word bronstig omdat haar lewe vervelig is. Intussen word Oompie dronk, eet mielies en herleef die slagting van Delville-bos terwyl hy rondstrompel. Die verliefde karakters sit eindelik in n boom, terwyl Tsjechof op soek is na sy alter ego, n jong dramaturg wat dreig om selfmoord te pleeg. Die drama word n satire op die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf en die moderne mens se beheptheid met kitsoplossings en glanspersoonlikhede.
Op grond van Die eend is hy in 1991 n finalis vir die Amstel-prys as beste dramaturg en die drama debuteer in 1994 in die Staatsteater in Pretoria.
Die komedie Don Gxubane onner die boere tree in gesprek met Don Juan (ook Bartho Smit se Don Juan onder die boere), Don Quijote en die feëverhaal van Aspoestertjie, alles in n Afrika omgewing. Die swart Don Gxubane raadpleeg n sangoma om sy ware liefde vir hom uit te wys. Dan betree hy n plattelandse dorpie waar die verregse Andreas Halgryn die burgemeester is. Andreas se vrou Annemarie probeer selfmoord pleeg deur van hulle huis se dak af te spring, maar Don vang haar in sy sterk arms, waarna die twee blanke vroue, Annemarie en haar dogter Amour, handgemeen raak vir sy liefde. Don moet met hipnose later die dorp van hulle rassisme genees.
Hierdie drama word in 1993 bekroon met die SAKRUK-prys vir beste nuwe toneelwerk en word in 1994 by die Kampustoneelfees en in 1995 by die Staatsteater in Pretoria opgevoer." -- WIKI
Ons kombineer posgeld, so kyk gerus na ons ander items wat aangebied word.
Please Click --->HERE<--- to see all the itemsPTO Booksis selling.