Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Vuil Skottelgoed was die wenner in die Afrikaanse kategorie van Human & Rousseau se Ek is ?n Skrywer-kompetisie. Bastian rebelleer teen sy ouers se wens dat hy regte op Stellenbosch moet gaan swot, en hy kies die pad Kaapstad toe. Hy kry werk in ?n skaatsplank-winkel en sluit aan by ?n Afrikaanse punk rock band. Hoewel hy later nog soms skaatsplank ry naby die Kunstekaap of in Woodstock se industriƫle gebied, is sy Kaapse bestaan niks meer nie as ?n maalkolk van alkohol, dwelms, seks en partytjie-hou. Nes dit hom wil insluk, sien Bastian die lig en keer terug na sy tuiste, Kimberley. Hy?s dankbaar hy het oorleef, maar teleurgesteld dat alles wat hy agtergelaat het steeds dieselfde is. Hy verloor homself in sy pa se drankkabinet. Teen die einde van die roman balanseer hy op die dun draajie tussen lewe en dood? en tuimel dan oor na die lewe se kant toe.