
Vyfster Reeks 1 DVD 1
Check my rate
View locations
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Episode 1.
Hendrik le Roux word weens bedrog tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis in die Pretoria Sentrale Gevangenis. Hy besef gou dat hy sal moet ligloop vir die bendes asook sekere individue soos die skynheilige Priester, n bendeleier, Pappa, die manipuleerder Polka, die aardsmisdadiger Skollie en dié se vriend, Tiger, die gevangenis se bokskampioen.
Episode 2.
Die gevangenes is baie opgewonde oor die naderende jaarlikse bokstoernooi. Die toernooi dien ook as n rookskerm vir allerlei smokkelbedrywighede. Pappa is woedend wanneer sy gekonkel met Tiger skeefloop.
Episode 3.
Tiger en Skollie wil ontsnap en prakseer n leer in die werkswinkel. Hendrik word beskuldig dat hy n klomp dagga laat verdwyn het. As gevolg van die beskuldiging word hy in die stort aangerand. Tiger en Skollie ontvlug.
Episode 4.
Tiger en Skollie skuil by Tiger se vrou se huis. Die polisie loods n grootskaalse soektog na hulle. Polka beplan ook om te ontsnap en vind uit waar Skollie en Tiger hulle skuilhou. Die polisie kry ook dié inligting en Skollie en Tiger word vasgetrek.