Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Karen Kingsbury
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
Die nasionale kampioen-bulryer Cody Gunner sukkel om die dood van sy vrou, Ali Daniels, te verwerk. Om boonop ook sy Downsindroom-broer, Carl Joseph, te moet laat gaan, is vir hom ondenkbaar. Cody wil sy broer by hom he, waar hy weet hy veilig en versorg sal wees en waar hy hom teen die ongenaakbaarheid van die wereld kan beskerm.
Wanneer Carl Joseph se onderwyseres, Elle, begin voorbrand maak vir Carl Joseph se onafhanklikheid, haal sy haar Cody se gramskap op die hals. Terwyl hulle in n bitter stryd oor Carl Joseph gewikkel is, raak hulle egter albei bewus van die onwillekeurige band wat tussen hulle aan die vorm is. Cody kom voor n krisis van die hart te staan. Kan Elle vir Cody leer om weer lief te he? Sal Cody sy voortslepende woede kan oorkom? Sal hy uiteindelik besef die grootste hoop le net daar waar die wolke eindig?"