Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Sestien fassinerende Suid-Afrikaanse moordverhale wat die tonge aan die klap gehad het in die laat 1800’s en vroeë 1900’s.
Lees oor die buitelandse avonturier wat pres. Paul Kruger wou ontsetel en later 'n miljoenêr doodgeskiet het. Hier is ook die storie van die aantreklike middeljarige Maria Lee, wat galg toe gestuur is weens die vergiftiging van haar jong minnaar.
In 1948 deur Goeie Hoop Uitgewers uitgegee. Hardeband met stofomslag. Boek in goeie toestand. Bruin merke op voorste en agterste skutblaaie. Een binneblad is los. Vorige eienaar se naam op eerste skutblad.
Aflewering R50 vir Paxi. 7 tot 9 besigheidsdae. PostNet R100 onder 1 kg.
• Nog 3 tot 5 boeke pas in jou Paxi-sak (45 x 37 cm) – steeds net R50.