Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Helana Olivier
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
"Wie sou kon dink dat soveel pyn uiteindelik soveel hoop kon inhou" vra 'n karakter in hierdie boek oor Suid-Afrikaners se belewenis van geweld, siekte, fisieke en intellektuele gestremdheid, verwerping, hartseer, verlies - wat egter telkens uitgeloop het op geestelike verdieping en persoonlike groel. Hier is die ware verhale van nuusmakers, bekendes ên doodgewone mense, wat almal moes leer om trauma te hanteer. Daar is selde feëverhaal-eindes, maar altyd is die ervaring, wat aangrypend beskryf word, lewensgetrou en boeiend en is die hoop wat dit bied, eg.
'n Paar uittreksels as lusmakers ...
"Om met rassehaat te reageer op hierdie kriminele daad sou alles waarvoor my pa gestaan het, nietig maak ... (David Rattray se seun)
"Toe kom telefoonoproep nommer twee ... nie van Tellkom nie, maar 'n bliksemstraal van die hel.." (Suna du Toit)
"Hoe kan ek aanhou glimlag ten spyte van my gestremdheid en terugslae? Wel, deur die genade van ons liefdevolle God, en 'n lewende geloof dat vir Hom alles moontlik is." (William Zulu)
"Ek was besig om aandete voor te berei toe my wêreld skielik ineenstort. 'n Aanvaller met 'n geweer in sy hand het by die voordeur ingebars. Ek sal nooit daardie duiwelse glimlag vergeet toe hy die balaklawa effens van sy gesig wegtrek en met 'n dreigende voorvinger fluister dat ons doodstil moet bly nie ..." (Neline Roets)
"Gaan ek toelaat dat die monster van onsekerheid my dag na dag verteer? Of gaan ek elke oggend tussen my rose stap en weet dat dieselfde God wat hierdie blomme geskep het, leef en my wil help om nie net te oorleef nie, maar om voluit te leef?" (Rothea Kleynhans)
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.