Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die oogmerk van WATERBESPARENDE INHEEMSE TUINMAAK is om tuinmaak te vereenvoudig en om dit vir alle Suid-Afrikaanse tuiniers, liefhebbers van inheemse plante en landskapbeplanners so koste-effektief as moontlik te maak en instandhouding te verminder.
WATERBESPARENDE INHEEMSE TUINMAAK sal n basiese begrip van die beginseis van inheemse tuinmaak bevorder en vir die entoesiastiese tuinier leiding gee ten opsigte van watter plante om te kies, asook die korrekte en natuurlike plant-opeenvolging wat sal lei tot n pragtuin. Hierdie boek is uniek in die sin dat dit n onfeilbare plantlys aan die einde van elke streekshoofstuk bevat wat verseker dat jy die geskikste plante vir jou tuin sal kies.
Ons wil almal kitstuine hê, en ons kan ook deur eers vinniggroeiende pionierspesies te plant. Uiteindelik sal jy n goed gevestigde tuin hê met permanente, langlewende bome en grondbedekkers.
Inheemse tuinmaak bespaar nie net water nie, dit is ook in die algemeen goed vir die ekologie, want dit bevorder die behoud van plaaslike plantspesies, skoenlappers, voëls en ander wilde diere, en herstel die natuurlike balans in jou tuin sodat dit n toevlug word vir die plaaslike dierelewe.
See pics for condition
More of our collection Here
https://www.bobshop.co.za/seller/3088007/Vix_collections