Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Watter Voël is dit? bied aan die aspirant voëlkyker ’n maklike benadering tot die uitken van voëls. ’n Groot aantal van Suider-Afrika se meer as 900 voëlsoorte word gegroepeer aan die hand van familie-ooreenkoms, habitatvoorkeur of, soms, soorte wat met mekaar verwar kan word. Die leser word aangemoedig om eers met die kenmerke van die groep vertroud te raak voordat die uitken van soorte aangepak word. Dis ’n boeiende inleiding tot die voëls van die streek en ’n soliede grondslag waarop ’n belangstelling in voëls uitgebou kan word.