Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Dakini, Priesteres van Inanna, Godin van Liefde en Seksualiteit, is dood. Of is sy? Dakini se sensuele reis deur die Vroeëtyd en daarna neem die leser op 'n erotiese, intellektuele, romantiese en geestelike ontdekkingstog deur tyd - wat ook nie noodwendig bestaan nie. Annelise, skrywer van die kontroversiële roman, Maanvrug, speel in Weerloos met genres, mites en idees om 'n eiesoortige roman oor 'n nuwe wêreld en 'n verlore droom te skep. In Slavin het Annelise die wellustige wêreld van BDSM verken, Maanvrug was ʼn verhaal vol fantasieë, maar Weerloos is ʼn fantasie propvol potensiële waarheid.