Wegkomkans - Marita van der Vyver

Wegkomkans - Marita van der Vyver

Secondhand 1 available
R60.00
Shipping
R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Seller
Get it now, pay later

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Product code
CHR345
Bob Shop ID
682343514

Yvette, Paul, Mila, Emma, Adriaan, Liane, Max, Bobby, Ralph, Philip: Tien karakters wie se verhouding in Wegkomkans oor 'n tydperk van tien jaar eb en vloei soos die getye van die see wat telkens die agtergrond vir hulle "wegkomkanse" vorm. Vanaf die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding in 1994: Dié vriendekring se samesyn bly die konstante in 'n andersins veranderende wêreld waarin die ontnugterings en teleurstellings van die werklikheid soms met niks anders as goeie kos, goeie wyn en 'n stewige skeut selfspot getemper kan word nie. Soos hulle jeugdrome vervorm en hulle naïewe optimisme oor die lewe verdof, groei en verander die vriendskap. Verhoudings kom en gaan, ouerskap word 'n al hoe prominenter onderwerp van bespreking, die jeugdige passie oor 'n "nuwe" Suid-Afrika word 'n neutraler, meer besadigde gelatenheid oor wat nié verander kan word nie. "Verlore liefde tussen twee mense," verklaar een van die karakters, "kan so tragies wees soos verlore menseregte vir miljoene." Uiteindelik is dit vriendskap wat die aanslag van tyd en trauma deurstaan; wat 'n skans teen verlies vorm.

In die nuwe Slotwoord tot hierdie roman, skryf Marita van der Vyver: "Hierdie roman, so vertel hulle my, kan 'n nuwe geslag lesers help begryp hoe Afrikaanse stedelinge in die laat jare tagtig en vroeë jare negentig, tussen die laaste stuiptrekkings van die Ou Suid-Afrika en die skrikwekkende geboortepyne van die Nuwe Suid-Afrika, dit reggekry het om op die rand van 'n afgrond te bly dans."

Wegkomkans bied op hoogs vermaaklike dog erg simpatieke wyse insig in Suid-Afrikaners se versugtinge en ontnugterings - wat byna 20 jaar nadat die teks oorspronklik verskyn het nog net so relevant is soos destyds.

Hierdie tweedehandse eksemplaar is in 'n redelike toestand. Die buiteblad wys ligte verweer op die hoekies, en daar is ook 'n klein skeurtjie. Dit is dus nie 'n versamelaarseksemplaar nie, maar steeds 'n heel bruikbare leeskopie.

Karin se nota: Wegkomkans is een van my persoonlike gunstelinge, en 'n boek wat verskeie kere herlees is.

wegkomkans marita van der vyver stukkende plekFoto van die stukkende plekkie op die buiteblad van Wegkomkans deur Marita van der Vyver.

Foto's geneem deur Karin's Treasures.

U mag ook belangstel in ons Afrikaanse gunstelinge-kategorie. 

Add to cart

Similar products

Don't miss out on the latest deals!