Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Ou gunsteling wat herverpak word met ’n nuwe ontwerp en splinternuwe foto’s.
Vir die versamelaars van die Wenresepte-reeks, is dit die gulde geleentheid om hulle versameling aan te vul. Die ideale boek vir die wat geregte soek, wat goedkoop en maklik is vir enigiemand om te maak.
Elke gereg is deeglik beproef in die Huisgenoot toetskombuis en kom met hulle stempel van goedkeuring. Die boek bevat meer as 100 resepte, insluitend opwindende ontbytgeregte, geurige vis- en vleisgeregte, warm en koue poedings en heerlike gebakte goedere soos brood, beskuit, koeke, terte, en nog vele meer. Daar is ook daaglikse spyskaarte vir sewe weke en omskrywings van belangrike kookterme word gegee.
Die boek is ’n moet vir elke Suid-Afrikaanse kombuis.