Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
This appears to be a brand new book - 242 pg.. >>> Die vervlegting van die naïewe, die groteske en die bonatuurlike, asook die stryd van die menslike gees om bevryding, bind Mis, Mirakel en Drif tot n drieluik, n musikale eenheid ast ware, waarin variasies van verskeie temas weerklink. al die verlore persone ontsnap uit n verstikkend gewone lewe en betree deur die toedoen van teater en n reeks towenaars die buitegewone, dog gevaarlike wêreld van fantasie en vervulling. Terselfdertyd verskil die dire stemmingstukke wesenlik van mekaar omdat elk n spesifieke atmosfeer het. - In hierdie dramas val die klem nie op realistiese of polities-relevante temas nie, maar skep die dramaturg teater wat verwant is aan n nie-literêre vermaak, n teatervorm wat, soos die sirkus, die towenaar en die pantomine, n gehoor in vervoering kan bring. >>> Reza de Wet, bekroonde dramaturg van Vrystaat-trilogie, regisseur, aktrise en akademikus, lewer met hierdie drieluik n tweede trilogie waarin sy noukeurig dramaties gestruktureerde werke met die rare kombinasie van speelbaarheid en leesbaarheid gebruik om boeiende verhale oor te dra, verhale warin die fyn balans tussen die droomagtige, die realistiese, die humoristiese en die groteske deurgaans gehandhaaf word