| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Sedert 1994 het die nuwe grondwetlike orde die tradisionele en ortodokse reels van wetsuitleg soos handomkeer verander. Daar is now 'n nuwe woordeskat: Plain language-wetsopstelling en fundamentele waardes; grondwetlike oppergesag en menseregte; deursigtigheid en verantwoordbaarheid. Nou is wetsuitleg noodwendig beginselgedrewe en waardebelaai. In die uitgawe van wetsuitleg: 'n inleiding vir studente word al hierdie veranderings aan die hand van die 1996-Grondwet verduidelik. Die hoofstukindeling poog om tipiese wetsuitlegleerplanne aan Suid-Afrikaanse universiteite te weerspieel. Eerstens word studente bekend gestel aan wat wetgewing is, hoe dit in werking tree, en hoe dit tot 'n einde kom. Die invloed van die grondwet op wetsuitleg, asook 'n oorsig van die basiese wetsuitlegbenaderings, word bespreek. Die hoofstuk oor die teoretiese grondslae van wetsuitleg bevat ook kort besprekings oor die invloed van postmodernisme, dekonstruksie en die Critical Legal Studies-beweging op die lees en verstaan van tekste. Daarna word die toepassing van die praktiese (nuts and bolts) reels van wetsuitleg verduidelik. Aspekte soos grondwetlike simboliek en die eise van sosiale geregtigheid word ook in die laaste hoofstuk oor grondwetuitleg bespreek. Die handboek is 'n gebruikersvriendelike inleiding tot die basiese beginsels van wetsuitleg, en is hoofsaaklik op voorgraadse studente gemik. 'n Verklarende woordelys, die interpretasiewet 33 van 1957 en die Handves van regte in die grondwet word vir die gerief van studente ingesluit.| By: | Christo Botha |
| Pages: | 166 |
| Publisher: | Juta Legal and Academic Publishers |
| Format: | Paperback |
| Isbn: | 0-7021-5930-1 |
| Isbn13: | 978-0-7021-5930-5 |