R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Wie met vuur speel - Deon Meyer - Tafelbert 2011 - Sagteband in baie mooi, skoon en stewige toestand.
Die laaste uitweg is net 'n telefoonnommer.
Jy soek dit wanneer jy alles verloor het, as jou geluk en jou keuses heeltemal opgeraak het, as jy die verterende drang na wraak nie langer kan onderdruk nie.
Dan begin jy navrae doen. Miskien weet die skadu-agtige oud-polisieman waar om dit te kry, of die skimvriend van die prokureur. Dit sal twee, drie weke duur voor iets gebeur.
Dan sal jy dit met ‘n kloppende hart neerskryf en met bewende hande skakel.
Dit sal lank lui. Te lank. Vir ‘n oomblik sal jy wonder of dit nie maar net nog ‘n stedelike legende is nie. Tot die mansstem antwoord, diep, ongeduldig en gesteurd. “Ek het hulp nodig,” sal jy sê.
En daarna sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie.