
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched in 1 working day
Elkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word.
Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, is geloof egter nie so maklik nie. Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is. Wanneer Lea se ma egter sterf, gryp Adam die kans aan om sy verhouding met sy dogter te herbou.
Hulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer 'n groep rondswerwende gelowiges reg langs hulle kom laer trek met 'n versameling voos en vodde karavane. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier, begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dis alles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in 'n ernstige kopstampery met Lea. Die volgende oggend is die karavane skoonveld. Sy dogter ook.
Hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sy gemoed wil h. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die Lewende Vlees, 'n sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradys probeer staanmaak. Maar elke swerwer het sy storie, elke
paradys sy slang.
Features
Summary | Elkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word. Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, is geloof egter nie so maklik nie... |
Author | Morne Malan |
Publisher | LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk |
Release date | 20210721 |
Pages | 320 |
ISBN | 0-639-60747-0 |
ISBN 13 | 978-0-639-60747-4 |