Wildsvleisgeregte & Kampvuurdisse 1 & 2
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Hardebande, 114 & 183 bladsye. A4 grootte.
Die boeke is in 'n goeie toestand: netjies en skoon; stewig gebind.
Wildsvleisgeregte en Kampvuurdisse Leoné de Lange: Binnelands is wildsvleis van die goedkoopste wat in die kleinhandel beskikbaar is. Die lae vet- en cholesterolinhoud daarvan maak dit by uitstek n gesondheidsvoedsel. Wildsvleis het n baie aangename en uitsonderlike smaak. Die geheim is die korrekte en geurige voorbereiding daarvan. Die tyd het aangebreek om die huidige geslag meer wildsbewus te maak. Laat ons ons voorouers se tradisies en towerkunsies met wildsvleis laat voortlewe! Die meeste mense kry wildsvleis en weet nie wat om daarmee te doen nie. Dit lê maande lank in die vrieskas voordat moed bymekaar geskraap word om dit te gebruik. Op die korrekte wyse voorberei, is wildsvleis baie sappig, uiters geurig en smaaklik en hoef vir geen ander vleissoort terug te staan nie. Met die verstedeliking van ons jong mense het die tradisie langs die pad verlore begin raak. Wat is lekkerder as n bruingebraaide, gestopte wildsboudjie, geurige braaiwors, heerlike droëwors en die lekkerste van alles wildsbiltong! Hopelik sal u baatvind by my nuwe boek ter voorbereiding van wildsvleis en kampdisse. Voorspoed word u toegewens! Geniet wildsvleis op sy allerbeste!
Wildsvleisgeregte en Kampvuurdisse 2 Leoné en Jaco de Lange: Hierdie boek is die opvolg van Wildsvleisgeregte & Kampvuurdisse nou in n beter en moderne vorm. Bogenoemde boek was die eerste wildsvleis koffietafelboek wat verskyn het. Wildsvleis is van die vroegste tye af al aan ons bekend en was trouens baie jare lank ons stapelvoedsel. Vandag word dit in toenemende mate in fynproewerdisse gebruik. Doelgerigte reklameveldtogte kan daartoe bydra dat wildsvleis nog meer bekend word, sodat dit die ereplek op ons spyskaarte inneem wat dit in der waarheid verdien.





