R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Winterwerf in die Kavango - Pieter Pieterse - Tafelberg - 1989, eerste uitgawe - 113pp - Sagteband in goeie toestand.
Posgeld en verpakking R28.00
In die verste hoekie van die Kavango, téén die Botswanagrens, lê die Mahangowildtuin. Vyftien kilometer ongerepte wêreld waar ‘n mens nog kan sien hoe die waterkoedoe onder die water wegsak as gevaar dreig en waar die visarend bedags oor die moeras roep.
Hier het Pieter Pieterse en sy vrou, “die Ingilsman”, hul karavaantjie, Die Spookhuis, vir die winter staangemaak. En dis hier dat hy sy ervaringe opteken in briewe aan ‘n denkbeeldige kleinseun, Pieta.
Vir Pieta vertel hy van die ver paaie en die paaie van die hart. Soms vertel hy van diep geheimenisse, soos olifante se besorgdheid oor die beendere van ‘n gesneuwelde makker; soms van tragiese dinge, soos die dood van ‘n legendariese leeuwyfie of die sinlose slagting van ‘n olifantbul.
Meestal vertel hy egter met ‘n glimlag. Van die jong malgas met die bek so skerp soos ‘n Iemmetjie, wat hom van agter bygedam het toe hy in sy Adamsgewaad buite staan en skeer het. Van die onwelriekende springhaasdis tydens hul groot vleishonger, die ystervarke wat hulle aan sy Windhoek-vatbier vergryp het, die seekoei wat uit die dood opgestaan het, en nog talle ander onthouspore wat oor sy winterwerf geloop het.
Die Kavango... waar die water wemel van krokodille, seekoeie en bloedsuiers. Waar jy in warm Ieeumis trap en dink dis bloed, en waar die bateleur-arend vry soos ‘n gedagte oor die aarde skiet.
‘n Wêreld so mooi en ongeskonde dat die skrywer pleit: “Moenie weggaan nie, ver land. . . Moenie ook weggaan nie.”