WIT OEMFAAN- F. A. VENTER
Check my rate
View locations
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
TITLE: WIT OEMFAAN
AUTHOR: F. A. VENTER
CONDITION:
Hard Cover
Damage to the dust jacket
Note written on the first page
STORY: Avontuurlustige jong lesers verlang steeds na nuwe ervaringsvelde, weg van die bekende, gewone dinge. Hulle smag na nuwe omstandighede wat hoë eise aan hulle vernuf sal stel. So 'n besondere situasie kan wees om soos 'n Robinson Crusoe in 'n ongetemde wildernis te moet lewe. Maar soos Robinson Crusoe se ervaringe nie heeltemal versinsel was nie, so is die avonture van Paulus van Gass in Wit Oemfaan op die werklikheid gebaseer. In sy navorsing oor die Groot Trek het F. A. Venter ook die geval van Paulus van Gass teengekom. Elke leser van hierdie boek sal die skrywer dankbaar wees dat hy dit in hierdie jeugverhaal oorvertel. Paulus van Gass is as aangenome seun saam met die Trekkers na Natal. Tog het nie een van die Trekkerseuns die avonture ondervind wat Paulus beleef het nie, en nie een is deur omstandighede gedwing om alleen sulke gewigtige besluite te neem soos Paulus nie. Hy gaan as agterryer saam met 'n Trekker-verkenningsgeselskap na die Umgenirivier. Daar kry hy 'n spesiale opdrag. Maar toe hy die volgende aand terugkeer, was die verkenners reeds weg. Nou is hy van sy eie vindingrykheid afhanklik om aan die lewe te kan bly, tussen roofsugtige diere en die moontlikheid dat die Zoeloes hom dalk kan gewaar. 'n Vrolike blou-apie sluit by hom aan. En vir Paulus word dit 'n tydperk van ongekende geluk. Toe sien hy onverwags op 'n dag 'n groep Zoeloes naby hom. Paulus word verplig om 'n vreemde keuse te doen. As gevolg van die keuse ontstaan daar 'n mooi vriendskap tussen die wit seun en die Zoeloes. Wit Oemfaan is méér as net 'n boeiende herskepping van 'n werklike gebeure.
22CM X 14,2CM X 1,6CM