Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die beste boeke is daardie boeke wat mense se idees uitdaag. Geskiedenisboeke doen dit gans te min. Maar Albert Blake het met sy boek Boereverraaier presies dit reggekry. Ek onthou nog die dag toe ek by die werk sit en daar stap n man in, en soos dit gaan praat hy oor die geskiedenis. En later begin hy praat oor die filmweergawe van Blake se boek, Verraaiers. Ja, verklaar hy bitter die dag, daardie film maak die Afrikaner se naam gat. Dit is nie n sentiment wat ek gedeel het nie. Maar Blake het tog iewers n aar raakgeboor en n broodnodige saadjie geplant onder die te veel mense wat die Suid-Afrikaanse Oorlog van 1899 1902 nog so verromantiseer. Daar was weinig romanties daaraan