Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
We combine postage, so do look at our other items on offer.
Postage prices outside of South African borders will differ. Please enquire before purchasing.
Dispatched within 3 business days.
Toestand : Baie goed.
Naledi, 2016, Sagteband - Rubrieke - 172 pp. Soos Nuut.
Woorde, uit die mond of skryfhand van mense wat hulle storie ken, boei Bernard Odendaal so lank hy kan onthou. As posiedosent in Bloemfontein en, later, skryfskooldirekteur op Potchefstroom kon hy sy brood op grond van sy belangstelling verdien.
Taal lewe egter ook, miskien veral, buite boeke - in die interaksie tussen karakters van vlees en bloed.
Toe redakteurs by die webtuiste Versindaba en die koerante Bloemnuus en Volksblad hom dus vra om kort lekkerlees-bydraes oor sy aldagbelewenisse te begin skryf, was huiwer of weier vir Bernard buite die kwessie. Hoewel selde streng feitelik van aard, is die kort vertellings, sketse en besinnings in hierdie bundel almal gebaseer op plekke, mense, vraagstukke en voorvalle wat oor die skrywer se lewenspad gekom het. Wat taal (kan) doen, of wat buite die reikwydte van taal is, vorm "n draad wat deur die bundel vleg..
OOR DIE SKRYWER: Na sy studie aan die Universiteit van die Vrystaat gee Bernard Odendaal Duits en Afrikaans by skole in en om Bloemfontein. Nadat hy 18 maande lank dosent in Afrikaans en Nederlands aan die toenmalige Durbanse Onderwyskollege was, word hy in 1990 in dieselfde vakgebied aangestel aan die Vrystaatse Universiteit, waar hy in diens bly as mede-professor tot einde 2011. In 2012 word hy die direkteur van die ATKV-Skryfskool aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom. Hy skryf gereeld poesieresensies, vakkundige kongresreferate en vakwetenskaplike tydskrif- en boekbydraes.
Free and discounted shipping on bulk purchases (postal and courier) within the RSA. See shipping for details.
Please Click ---> HERE <--- to see all the items PTO Books is selling.