Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Wat is die geheime en strategie van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professionele mense of salaristrekkers, en boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en uiteindelik oor te dra aan die nageslag?
In Word ryk, bly ryk help PJ en Geo Botha, onafhanklike finansile adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in 'n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.
Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Alb Geldenhuys en Whitey Basson sal jou 'n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare, kundige finansile advies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.