Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Ryk Gerrie Steyl, oud-kaptein van Moord en Roof en oud-prokureur, het nie nodig om te werk nie. Om nie té ledig te wees nie, snuffel hy graag in sake rond wat hom nie aangaan nie.
Welgestelde, bekende sakemanne pleeg selfmoord - of so lyk dit. Almal sterf weens 'n oordosis morfien. Is daar 'n verband? Bloot uit nuuskierigheid begin Steyl die gevalle ondersoek. Dis nie lank nie of die nes wat hy oopkrap, word 'n wolk van geweld ... (rugteks)