Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hardeband.
Eerste uitgawe, 2000.
Protea Boekhuis.
201 bladsye.
Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 vertrek MJ de Jager as luitenant van die Staatsartillerie van die ZAR na die Natalse front. Hy onderskei homself tydens die veldslae by Modderspruit, Colenso, Ladysmith en Platrand. Na die slag van Donkerhoek op 11 Junie 1900 neem hy vir anderhalfjaar deel aan die guerillafase van die Anglo-Boereoorlog. Op 26 Januarie 1902 word hy in die distrik Ermelo gevange geneem en na St. Helena verban. Hy sit sy militere loopbaan in die Transvaalse Polisie en die Unie-verdedigingsmag voort. Na die Suidwes-veldtog word hy hoof van die Unie-besettingsmag in die destydse Suidwes-Afrika en vestig hom op 'n plaas naby Windhoek. Hy word uiteindelik tot generaal bevorder, maar sy roemryke loopbaan word deur sy skielike dood in 1939 kortgeknip. De Jager se oorspronklike "Gedenkboek" het ook 'n veelbewoe geskiedenis en word nou vir die eerste keer gepubliseer nadat dit naelskraaps aan die aanslae van vuur en rysmiere ontkom het en daarna vir 60 jaar jaloers deur sy familie bewaar is.
Binneskant mooi skoon, goed gebind en in puik algehele toestand.
Additional photos on request. Please ask any questions before placing your order.
Africana / South Africa / Afrikaans / Afrikaners / History / Geskiedenis / Anglo-Boereoorlog / artillerie / Boere-oorlog / Generaal Louis Botha / konsentrasiekamp / Tweede Vryheidsoorlog / Zuid-Afrikaansche
Grading Scale: