Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Pragtige groot folio Statebybel in 1702 gedruk deur Hendrick, Jacob en Pieter Keur te Dordrecht in samewerking met Marcus Doornick en Pieter Rotterdam te Amsteldam. Gedruk en uitgegee in 1702, is hierdie Statebybel vanjaar 322 jaar oud!
Die Bybel is 100% volledig, alle bladsye is daar, en die teksblok sit na 322 jaar nog mooi stewig in sy bindwerk. Ook die oorspronklike leerwerk van hierdie ou Bybel is nog baie mooi, en dit verkeer werklik in bogemiddelde goeie toestand vir sy ouderdom. Verder spog hierdie goed bewaarde eksemplaar nog met sy oorspronklike geelkoper hoek-beslag en knippe, soos wat hy 322 jaar gelede gekom het uit die drukkery van die Keur familie te Dordrecht. Soos alle folio formaat Statebybels uit die 1600's en 1700's, bevat hierdie Bybel ook die Ou Testament, die Nuwe Testament en die Apokriewe Boeke. Die afmetings van hierdie pragtige groot folio Statebybel is 43cm x 27cm x 12cm.
Om op te som. Hierdie goed bewaarde Statebybel verkeer werklik in ñ bogemiddelde goeie toestand vir sy ouderdom, en dit is ñ skitterende voorbeeld van ñ groot folio Statebybel uit die vroeë 1700's.