Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Met Koms van die hyreën is ons terug in die wêreld van Karel Kousop, Dolf van Niekerk se eerste Boesmanstorie wat in 1985 verskyn het: die stuk aarde tussen die Riet- en die Modderrivier, wat die Kousops eens geheers het en Johannes du Plessis nou magteloos moet toekyk hoe die voorslepende droogte sy erfplaas stroop tot net stof en swart rots oorbly.
Koms van die hyreën is n egte Afrika-verhaal, so misterieus en magies soos die voor-voormense se rotstekeninge.