Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Book is in good condition. Minor wear on the cover.
As medeskrywer van Nelson Mandela se biografie het joernalis Richard Stengel ure in Madiba se geselskap deurgebring. Drie jaar lank het hy hom bykans oral heen vergesel - selfs onder die mees senutergende omstandighede. Op pad met Mandela: vyftien lewenslesse is sy manier om hierdie ervaring met ander te deel. Die Afrikaanse uitgawe van Mandela's Way bied ook aan Afrikaanse lesers 'n nadere blik op die merkwaardige man, wat deur mense wereldwyd as 'n lewende legende beskou word. Die lewenswysheid wat Madiba uit sy grootste uitdagings geput het, word hier in vyftien lesse oor die liefde, die lewe en leierskap vervat: waarom dit belangrik is om jou teenstanders fyn dop te hou, waarom waagmoed nie noodwendig 'n gebrek aan vrees beteken nie, en hoekom dit belangrik is om dinge in die lewe te vind waaruit jy plesier en vervulling kan put.