'n Bybelvers het hulle lewens verander...
Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Pieter Koen Susan Coetzer, Victor Matfield en Lindie Strydom.
Ja, hulle is almal bekendes, mense wat ons bewonder en na wie ons opkyk. Maar ook hulle weet die lewe is nie sonder seerkry en probleme nie. In die donkerste, onsekerste, uitdagendste tyd van hul lewe het hulle vasgehou aan 'n Bybelvers. Een wat spesifiek met hulle gepraat het! Wat hulle oë oopge- maak en hulle nuwe moed gegee het.
In die Bybelvers wat my lewe verander het vertel 101 bekendes watter vers hul lewe die diepste geraak het. Dit is ware stories van regte mense wat die einde van hul eie krag bereik het, en toe presies die vers ontdek het wat hulle nodig gehad het om te hoor.
Dit is mense net soos jy, wat worstel met 'n kind se dood, 'n man se verraad, wat 'n misdaadslagoffer geword het, teleurstelling ervaar het, met siekte te kampe het. Met die lees van hierdie boek sal jy ontdek, net soos die bekendes wat hul stories vertel, dat daar 'n Bybelvers is wat tot jou spesifieke situasie spreek. As jy hartseer is, is daar 'n vers om jou te troos. As jy uitgeput voel, is daar bemoedigende woorde om jou nuwe krag te gee.
Carpe Diem Medla, in samewerking met 101 bekendes, wil 'n verskil maak.
Die tantieme wat met die verkope van die boek verdien word, word aan die
Dié boek herinner jou
daaraan dat God goed is en ook jou situasie raaksien!