Boereplaas Bordspeletjie
Boereplaas is 'n geliefde bordspeletjie wat reeds dekades lank Afrikaanssprekende mense se harte verower het. Hierdie speletjie belowe opvoedkundige vermaak vir die hele gesin en is geskik vir 2-6 spelers. Dit leer kinders (en selfs volwassenes!) die hantering van geld, die konsep van wen en verloor, die belangrikheid van slim aankope, en die basiese beginsels van boerdery.
Die doel van die spel is eenvoudig: die eerste speler wat al die kaartjies op sy plaas (bord) kan aankoop, is die wenner. Boereplaas bied hope pret en plesier en is die ideale opvoedkundige speletjie vir die hele gesin.
In die Boks:
- Speelbord: Ja (6 plase)
- Speelkaarte: 132 (60 prentkaarte en 72 speelkaarte)
- Geld: Ja
- Reƫls: Ja