R60 Standard shipping applies to orders under R100, in most areas in South Africa. R30 Standard shipping applies to orders over R100. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
Free collection from
Nieuw Muckleneuk, Pretoria
The seller allows collection for this item and will be in contact with the full collection address once the order is ready.
Ready for collection by Wednesday, 8 May.
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 7 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most
accurate delivery time will be calculated at checkout, but in
general, the following shipping times apply:
Boek lyk vir my nog splinternuut. >>> In Katastrofes, Breyten se eerste gepubliseerde prosawerk, is bekende elemente wat in sy digkuns ook figureer. Die gepynigde ek bevind hom in n absurde wêreld waarin alles aan die verrot is, op soek na identiteit, verwesenliking en troos. Soortgelyke tegnieke as in sy poësie word ook gebruik, soos aaneenskakeling van oënskynlik onverwante assosiasies, gebruik van fantasie, saamvoeg van teenoorgesteldes, alles weergegee met uitsonderlike beeldingsvermoë. Die prosa wyk af van normale perspektiewe en beeld nie noodwendig katastrofes aan soos wat dit normaalweg verstaan word nie. Dit is eerder flitse of fragmente waar sonderlinge gebeurtenisse as gewoon aangebied word of n fantasiewêreld as realiteit voorgehou word, met die mens as oorsaak van die katastrofes. Verder is daar mildelik gebruik gemaak van die paradoks, met ontsteltenis wat volg op die doodgewone en die gruwelike wat begroet word met geen verwondering nie. In die Afrikaanse prosa is hierdie stukke uniek, aangesien dit beweeg op n paralogiese vlak waar die betekenis redelike begrip ontwyk, maar die impak tog betekenisvol is.