R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 10 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Eerste uitgawe, Eerste druk, Tafelberg, October 2024, Sagteband - Banke - 240pp. ISBN 9780624094012. SOOS NUUT.
In die vroeë 2000s omskep n paar Bolandse entrepreneurs n nederige netwerk van mikrolenerye in wat vandag Suid-Afrika se grootste bank is, met meer as 20 miljoen kliënte.
Hoe bou jy n bank van nuuts af? Wat verg dit om die vier gevestigde bankreuse die stryd aan te sê, en dan boonop die loef af te steek?
In hierdie boek vertel topverkoperskrywer TJ Strydom die boeiende storie van Capitec, die demokratiese era se grootste sakesuksesverhaal, wat selfs as die beste bank ter wêreld aangewys is.
Die Stellenbosse snuiter ontwrig die bedryf deur die magtige Absa, Standard Bank, FNB en Nedbank, almal met luukse hoofkantore in Johannesburg, uit te daag. Capitec swem teen die stroom in maak takke oop wanneer ander banke afskaal, fokus op bemarking wat eenvoudig en deursigtig is, lê klem op persoonlike diens terwyl die res daarvan wegskram, en bied dienste aan dié Suid-Afrikaners wat ander as onwinsgewend afskryf.
Dié nuwe bank bewys dat innovering groot finansiële gewin kan inhou, terwyl dit n positiewe maatskaplike bydrae maak en gewone mense se behoeftes dien.
n Inspirerende, eg Suid-Afrikaanse verhaal van visie, vernuwing en deursettingsvermoë.
Ons kombineer posgeld, so kyk gerus na ons ander items wat aangebied word.
Please Click --->HERE<--- to see all the itemsPTO Booksis selling.