Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Greg Heffley en sport is nie maats nie. Na 'n rampspoedige atletiekbyeenkoms by die skool besluit Greg hy is eens en vir altyd klaar met die sportwreld. Maar nadat sy ma hom aanpor om sport nog een kans te gun, stem hy onwillig in om vir basketbal in te skryf.
Die proewe is 'n ramp en Greg is oortuig hy gaan nie gekies word nie. Maar hy kry onverwags plek in een van die dorp se spanne. Wanneer Greg en sy spanmaats die seisoen begin, lyk die kanse skraal dat hulle selfs 'n enkele wedstryd gaan wen. Maar in sport kan enige iets gebeur.
Sal Greg sy kans aangryp wanneer alles op die spel is en hy die bal in sy hande het? Of gaan hy die kolskoot verbrou?